My persoonlike ervaring van ons onlangse besoek aan Klein Paradys Gaste Plaas Nylstroom - deur Geert de Jong


15 Sep
15Sep

Die toegangs roete tot die oord is teerpad en dan tot by jou staanplek is seker naby aan 1km se goeie grondpad wat met enige karavaan maklik bereikbaar is. Die ontspanning wat daar is, is basies om die natuur / veld te geniet en die rustigheid daarvan. Daar is heelwat stap roetes op die plaas wat in totaal n hele paar kilometers dek....daar is n roete kaart beskikbaar by ontvangs wat dit makliker maak om jou lengte van stap roete te bereken en te beplan. n Heerlike roete is om onder andere tot op die uitkyk punt bo op die berg te gaan en die kampeer terein van bo af te loer. Daar is klomp wild op die plaas soos Rooibokke, Blou wilde beeste, Blesbokke en selfs donkies waarop ons afgekom het tydens stap. In die kamp self wei die skape tussen die karavane en poue loop ook rustig tussen kampeerders rond. Die ander ontspannings fasiliteite is n lekker speel park vir die kleiner kinders, trampolines, koue en onderdak warm water swembad en ons het die Putt-Putt baie geniet. Die personeel is baie vriendelik en behulpsaam. Eienaar Kobus Van Heerden het persoonlik kom hello by ons staanplek en kom hoor of alles in orde.....baie aangename mense....hy en sy vrou Zelda Van Heerden wat by ontvangs werk. Ablusies was deurgaans skoon en genoegsaam gewees terwyl die kamp 100% vol was....altyd n groot pluspunt. Netjiese opwas geriewe in n ooplan onder afdak. Ons het deurgaans veilig gevoel. Die winkel op die perseel verkoop al die basiese benodighede teen baie billike pryse....nie nodig om dorp toe te ry nie. Die restaurant was egter nie oop nie....seker maar oor inperking regulasies, maar soos ek verstaan is hulle net oop tydens spits tye. Die atmosfeer in die kamp was die hele naweek merkwaardig aangenaam gewees. Kamp was 100% vol, maar geen probleem met enige lawaai makers nie....ek het lanklaas die rustigheid van so klomp kampeerders bymekaar so ervaar....saans net die rustige gesels geluide om kampvure gehoor. Die staanplekke is lekker groot. Oord voorsien n braaier, elke staan plek sy eie asblik, krag en water naby aan staanplek. Meeste staanplekke het heerlike skaduwee. Hul tariewe is werklikwaar baie billik teenoor wat die oord bied, voel dat mens puik waarde vir geld kry. Daar is n klompie aantreklik / toerisme besienswaardighede in die omgewing.....kantoor het meer info, maar ons program was reeds vol met dit wat die oord vir ons gebeid het. Ons sal beslis weer ons tent penne by Klein Paradys gasteplaas Nylstroom wil inslaan en sal die oord enige tyd vir my mede kampeerder wil aanbeveel wat ook die behoefte het om n rustige wegbreek in die natuur te geniet

Comments
* The email will not be published on the website.