Oom Jors die kampvuur storie koning
Dagsê vriende,
GEESTESGESONDHEID.
Baie jare gelede toe ek nog n kind was, was daar vriende van my ouers wat n seun gehad het wat nie reg was nie. Hulle ander kinders was normaal. Hulle moes alles vir hom doen. Hy het nie beheer gehad oor normale ligaamfunksies nie.
Hy was so afhanklik van hulle. Al die jare het hul vir hom gesorg. Die oom hulle wou hom nooit in n plek van versorging laat opneem nie. Net altyd gesê, die Here het hom vir hulle gegee om te versorg en dit is wat hul sal doen solank hul lewe.
Dit was ook so, die seun is dood toe die oom oor die tagtig was en die tannie net onder die tagtig.
Binne n jaar na sy dood is die twee getroue versorgers van hul kind ook oorlede. Eers die tannie en toe die oom.
Praat ons so die naweek, hoe dankbaar n ou moet wees vir jou kinders en kleinkinders wat gesond en wel is.
Vertel ons seun van die keer wat hy n vriend van hom se ouers ontmoet, hul 36 jarige dogter is ook saam hulle. Hy merk dat sy net kopknik, maar dog sy is dalk maar net skamerig van geaardheid.
So n week daarna loop hy weer sy vriend raak en verneem hoe gaan dit met sy ouers. En met jou sussie vra hy, nee sê die die man , sy is maar net rustig daar by die huis. Toe vertel die man dat sy suster nie heeltemal reg is nie. Sy is maar atyd net rustig by die huis.
So vertel iemand dat sy hul kind gevat het vir n klomp toetse by n plek wat hierdie mense versorg. Omdat die kind nog baie klein was boek mamma ook in by die plek. Bedags terwyl die kind die toetse ondergaan woon mamma maar die lesings by wat van die pasiënte daar kry. Alles net om die tyd om te kry. Een van die pasiënte sê naderhand vir haar, " ons is almal half mal, maar jy is omtrent die normaalste van ons almal"
Sy sê, toe besef sy, sy moet wegkom daar. Die kind was toe ontslaan na die toetse, alles was wel en mamma was te bly om huistoe te gaan.
Sy sê tot vandag toe nog steek daai "omtrent" in haar kop vas. Lag sy te lekker oor haar draai wat sy daar gaan maak het.
Vreugde en vrede vir julle.